KAAPSTAD. – Die voormalige Springbok-kaptein Joost van der Westhuizen vertel self sy lewensverhaal in ’n rolprent wat oor drie weke in Kaapstad bekend gestel word.
Hy praat oor sy rugbyloopbaan, sy kinders, Amor Vittone, sy motorneuronsiekte (MNS), en dan ook die seksskandaal wat sy loopbaan én huwelik geruk het. Boonop gaan hy self in die teater wees as die fliek die eerste keer op die kykNET-silwerskermfees draai.
Odette Schwegler is die regisseur en vervaardiger van Joost: Spel van Glorie. Schwegler het gistermiddag gesê sy moes verlede jaar as ondersoekende joernalis ’n insetsel oor Van der Westhuizen vir Carte Blanche maak.
Please follow and like us: