Volksblad – Joost vertel self ‘álles’ in rolprent oor sy lewe

By August 13, 2014 News No Comments
Joost van der Westhuizen en die rolprentspan wat hom meer as ’n jaar lank gevolg het om ’n rolprent oor sy lewe te maak. Van links is Michael Yelseth (hoof van fotografie), Thomas Pretorius (rolprentopnemer), Van der Westhuizen, Odette Schwegler (regisseur en vervaardiger) en David Thorper (uitvoerende hoof van die J9 Foundation). Foto: Blink Pictures

KAAPSTAD. – Die voormalige Springbok-kaptein Joost van der Westhuizen vertel self sy lewensverhaal in ’n rolprent wat oor drie weke in Kaapstad bekend gestel word.

Hy praat oor sy rugbyloopbaan, sy kinders, Amor Vittone, sy motorneuronsiekte (MNS), en dan ook die seksskandaal wat sy loopbaan én huwelik geruk het. Boonop gaan hy self in die teater wees as die fliek die eerste keer op die kykNET-silwerskermfees draai.

Odette Schwegler is die regisseur en vervaardiger van Joost: Spel van Glorie. Schwegler het gistermiddag gesê sy moes verlede jaar as ondersoekende joernalis ’n insetsel oor Van der Westhuizen vir Carte Blanche maak.

http://www.volksblad.com/nuus/2014-08-07-joost-vertel-self-lles-in-rolprent-oor-sy-lewe?vc=5a8acb561e50bc4865f828a62d2d93b8

 

Please follow and like us:

Leave a Reply

Facebook
Twitter